Die Tafelberg Moordenaar

Versprei die nuus op Sosiale Media!
Die Tafelberg Moordenaar

Die Tafelberg Moordenaar vertel die verhaal van ‘n reeksmoordenaar wat hom op straat vroue toespits en in die Kaap opereer.  Een na die ander meisie word vermoor en die liggaam op Tafelberg gelos vir die polisie om te vind.

Ten spyte van die polisie se beste optrede, bly die verdagte elke slag net een stap voor die polisie. Totdat Kaptein Renier Geldenhuis gevra word om die ondersoek oor te vat. As hulp, word Adjudant Isabella Fourie aan hom gegee.

Van die begin af hou Isabella van Renier, want hy is ‘n baie aantreklike man en hy behandel haar beter as wat enige iemand anders saam met wie sy al ooit gewerk het. Wat sy nie weet nie is dat hy ‘n verlede het wat hom jaag, want Isabella herinner hom aan ‘n vroeë liefde wat nie goed geëindig het nie.

Gaan hulle dit regkry om hierdie saak op te los en ‘n baie glibberige moordenaar aan die pen te laat ry? Gaan hulle mekaar vind en ontdek dat liefde oorwin?

WAARSKUWING

Die Tafelberg Moordenaar

Let daarop dat gedeeltes van hierdie boek beskrywings van 'n seksuele aard bevat.

Alhoewel alle beskrywings doelbewus gekies is om nie te affronteer nie, is hierdie boek nie geskik vir minderjariges nie.