Suider Kruis Volume 2

Versprei die nuus op Sosiale Media!
Suider Kruis Volume 2

Alhoewel die Suiderkruis webruimte (www.suiderkruis.co.za) reeds in 2011 die lig gesien het, het ons vooraf in 2010 deur middel van ‘n poslys die artikels met mense begin deel.

Hierdie boekie bevat ‘n gedeelte van die werk wat op ons webruimte beskikbaar is. Ons besef maar net te goed dat daar mense is wat nie oor internet verbindings beskik om ons artikels te lees nie en dis waarom ons met hierdie boekie begin het. Hierdie is slegs die eerste volume. Meer gaan sonder twyfel volg!

Suiderkruis se uitsluitlike doel is om u honger en u dros te stil aangaande God se Woord. Om die wat verbrysel is te genees, om vrylating te verkondig, herstel van sig, om die wat gebroke is in vryheid weg te stuur en om die aangename jaar van die HERE te verkondig! Prys Sy Naam!

Ons kan net hoop dat hierdie boekie vir u van nut sal wees en u sal lei tot in lewe in Christus. Prys Sy Naam!