Vlug 527

Versprei die nuus op Sosiale Media!
Vlug 527

Vlug 527 vertel die verhaal van Kaptein Danie Viljoen wat vir Orion Lugdiens werk. Danie was ʼn offisier in die lugmag waar hy menigte jong veg vlieëniers opgelei het en hy was baie goed in dit wat hy gedoen het. Nogtans het hy baie gewonder hoe hy sou vaar in ʼn nood situasie as hy die raad wat hy vir sy studente gegee het, self moes toepas.

Toe Kaptein Riaan de Jong hom dus vra om vir hom in te staan as Kaptein op sy vlug saam met Eerste Offisier Marelize Van Niekerk, was die versoek geensins ongewoon nie. Hy het dit tog immers al baie gedoen, maar daar geen manier wat hy sou kon weet wat die dag alles met hom sou gebeur of op watter maniere hy getoets sou word nie.

Wat begin het as ʼn normale roetine vlug van Johannesburg na die Kaap het baie gou ontaard in ʼn nagmerrie vlug waar mense tot die uiterste getoets sou word. Nie net die wat op die vliegtuig was nie, ook die wat op die grond was, want vir baie was dit hulle eerste ondervinding in ʼn noodgeval.

Die verhaal van Vlug 527 is ʼn verhaal vol allerhande wendings en verrassings! Hierdie verhaal gaan u op die punt van u sitplek hou van begin tot einde. Maak dus u sitplekgordel vas en maak gereed vir die rit van u lewe!

Papier Weergawe

Hierdie boek is ook in papier formaat beskikbaar teen 'n prys van R160 per afskrif, posgeld en verpakking uitgesluit. KONTAK ONS gerus indien u eerder die papier weergawe sou verkies. Ons pos landwyd.
Posgeld : Koerier na hoof sentrums alleen R120, Versekerde Pakkie Pos R70.